Verandering van plek-, straatname bespoedig - Volksblad 1 Mei 2008

From Sport, Arts, Culture & Recreation
Jump to: navigation, search

Verandering van plek-, straatname bespoedig

  • DIRK KOK

Die verandering van plek- en straatname in die Vrystaat gaan bespoedig word, het mnr. Ace Magashule LUR vir Sport, Kuns en Kultuur in sy begrotingsrede in die wetgewer gese.

Munisipaliteite moet verseker dat naamsveranderinge binne die raamwerk van die wetgewing gebeur, het Magashule gese.

"Ons weet in ons townships is daar strate wat geen name het nie. Verder is die enigste straat in die Vrystaat wat sedert 1994 herbenoem is, Nelson Mandelarylaan (in Bloemfontein)".

Magashule het gese dit sal met sensitiwiteitgeskied en almal sal deel van die proses kan wees. Die provinsiale naamkomitee sal van Junie tot November openbare sittings hieroor hou. Die komitee sal ook nou saam met munisipaliteite werk.

Magashule het in sy begrotingsrede gese name wat verkeerd gespel is, gedupliseerde plek- en straatname, name wat nie amptelik erken word nie, name wat aanstoot gee, "gekorrupteerde name" en "enige ander name wat om enige rede heroorweeg moet word" sal hersien word.


Volksblad - Donderdag 1 Mei 2008